fbpx
Vryheidsfront Plus

Belastingbetalers van Nelson Mandelabaai ly onder ANC se magsbeheptheid

Die VF Plus het vandag ‘n versoek by die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) se openbare rekeningekomitee ingedien om ‘n verslag van die stadsbestuurder, dr. Noxolo Nqwazi, aan te vra oor die bedrag wat die metro tot dusver aan die hofsake van die burgemeester, Eugene Johnson, bestee het.

Johnson het haar vir die tweede keer in ‘n baie kort tyd na die howe gewend om te voorkom dat die metroraad ‘n mosie van wantroue in haar aanhoor.

Die ANC kan nie voortgaan om die inwoners van die NMBM se belastinggeld te vermors op sinnelose hofsake om aan die mag in die metro vas te klou nie.

Die NMBM se vuisvoos belastingbetalers verdien ‘n metro wat die basiese dienste lewer en kritieke infrastruktuur in stand hou en nie ‘n metro wat hul geld aanwend vir kleinlike politiekery nie.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir die inwoners van die metro se reg tot ‘n doeltreffende regering wat hulle belange vooropstel.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.