fbpx
Vryheidsfront Plus

Belastingbetalers in Mbombela betaal ongeveer R14 miljoen maandeliks aan oortydvergoeding

Departementshoofde van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) se wanbestuur het veroorsaak dat die munisipaliteit sowat R14 miljoen maandeliks aan oortydvergoeding betaal.

Die VF Plus het hom sterk uitgespreek teen die onbevoegdheid van departementshoofde in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings wat nie behoorlik beheer oor oortydbetalings uitoefen nie.

Van die werknemers het meer ure oortyd per dag geëis as wat die wet op basiese diensvoorwaardes voorskryf.

Werkers mag nie meer as drie ure oortyd per dag werk nie. Die werknemers werk slegs drie tot vier ure per weeksdag en weier dan om enige verdere werk te verrig tensy dit oor naweke geskied.

Toesighouers word met geweld gedreig indien hulle die voorgeskrewe werksure probeer toepas.

Die munisipale algemene bestuurder, mnr. Luckie Sihlangu, het tot dusver geen aksie geneem teen die oortreders nie.

Die VF Plus het al gemaan dat die munisipale-oortydbeleid streng gevolg moet word. Departementshoofde wat hul plig versuim om behoorlike beheer uit te oefen, moet aangekla word en indien skuldig bevind, summier afgedank word.

Die munisipaliteit is reeds in ‘n benarde finansiële posisie waar daar feitlik daagliks krag- en wateronderbrekings voorkom.

Dit is vanweë verouderde infrastruktuur en swak instandhouding en opgraderingswerk. Rioolstortings kom ook gereeld voor.

Dit is privaatondernemings soos die "Power of 8000" in Witrivier wat tans die dorp se gras sny en die parke skoonhou.

Die VF Plus is gekant teen die onreëlmatige aanwending van belastinggeld en sal druk toepas dat daar by die voorgeskrewe oortydbegroting gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.