fbpx
Vryheidsfront Plus

β€œBela Bill”: Oproep om tyd vir skriftelike kommentaar te verleng

Die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderwys se openbare deelnameproses oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (algemeen as die Bela Bill bekend) het Woensdag gesluit.

Die VF Plus het meer as vyfhonderd voorleggings van belanghebbendes ingedien, maar versoek dat meer tyd vir skriftelike voorleggings gebied sal word.

Volgens 'n vorige besluit gaan openbare verhore in al nege provinsies die volgende stap wees. Die kans is goed dat talle mense met groot belang by die saak, dan eers daarvan sal kennis neem.

Openbare verhore is beperk wat tyd en ruimte betref en 'n geldige behoefte om skriftelike voorleggings te doen, kan ontwikkel.

Daarom is dit belangrik dat skriftelike voorleggings gedoen kan word, solank die proses vir openbare deelname oop is.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

ChandrΓ© de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.