fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC was leermeesters van protesoptrede soos vandag in die Kaap gesien is

Gewelddadige protesoptredes soos vandag in Kaapstad en by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), is die wrange vrugte wat die ANC-regering nou pluk van die voorbeeld wat hy as bevrydingsbewing gestel het om deur massa-aksie en geweld politieke doelwitte te bereik, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit is kommerwekkend dat selfs skoolkinders by vandag se optrede betrek is, en dit moet ernstig ondersoek word tot watter mate die veldtog ‘n georkestreerde poging is om politieke gewin te behaal met die aanloop tot aanstaande jaar se plaaslike verkiesing.

“Indien dit die geval is, moet die betrokkenes besef hulle skiet hulself en die land in die voet bloot om kort termyn politieke voordeel uit die ontwrigting te put.

“Dit is welbekend dat beleggers, plaaslik en internasionaal, gereed is om honderde miljarde rande in die land te belê, maar hulle is tot dusver afgeskrik deur faktore soos beleidsonsekerheid, bedrog en korrupsie. Hierdie massa-aksies is ‘n bykomende rede waarom beleggers sal wegbly.

“Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat een persoon se opeising van sy regte nie die regte van ‘n ander mag aantas nie. Die teendeel is duidelik besig om te gebeur, soos by die UWK waar studente vandag verhinder is om eksamen te skryf.

“Die staat kan nie toelaat dat die gevaarlike, gewelddadige, situasie buite beheer raak nie, en sal daadwerklik moet ingryp om dissipline in die land te herstel,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.