fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC se gebrek aan instandhouding van infrastruktuur laat Polokwane in die steek

Ná die ongewone hoë reënval die afgelope tyd in die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) het veral paaie en ander infrastruktuur groot skade gely weens die ANC-beheerde munisipaliteit se gebrek aan voorkomende instandhouding.

Om die stormwaterstelsel net so af en toe skoon te maak, is nie die antwoord nie.

Dié stelsel moet deurlopend versien word om blokkasies te verwyder en vloedwater weg te lei.

Met die onlangse reën het wonings in die South Gateway-woongebied oorstroom en het inwoners groot skade gely.

Dié woongebied is langs die N1 ontwikkel, sonder ‘n behoorlike stormwaterstelsel in plek.

Die VF Plus, wat op die portefeuljekomitee vir paaie en stormwater dien, het telkens tydens vergaderings gewaarsku dat daar ‘n verslag en beplanning ingedien moet word wat aandui hoe en wanneer die stormwaterstelsel in stand gehou word.

Die party het ook daarop aangedring dat ‘n behoorlike stormwaterstelsel vir die South Gateway-woongebied geïnstalleer word voordat daar verdere ontwikkeling plaasvind.

Dit het egter op dowe ore geval en nou sit die inwoners van Polokwane met die gebakte pere en sal pa moet staan vir skade wat voorkom kon word.

Dit is tekenend van die ANC se swak bestuur van die munisipaliteit.

Daar is geen wil of toewyding van die ANC-beheerde munisipaliteit om dienslewering te verbeter tot voordeel van inwoners nie.

Polokwane verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.