fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering verantwoordelik vir burgemeester se huis wat brand

Die ANC-regering se swak beplanning en bestuur is verantwoordelik vir die geweldadige protesaksies in die land. Die VF Plus veroordeel dié geweld, maar ook die regering se swak hantering van dienslewering.

Die burgemeester van die Nketoana-plaalike munisipaliteit in die Vrystaat het ‘n duur prys betaal deur leë beloftes aan inwoners te maak terwyl stappe nie geneem is om te verseker dat inwoners van water voorsien word nie.

Nadat inwoners van Petrus Steyn vanaf verlede Dinsdag sonder water gelaat is, het hulle die reg in eie hande geneem en gisteraand die burgemeester, Mamiki Mokoena, se huis aan die brand gesteek. Die ANC-hoofsweep se huis is ook beskadig.

Die VF Plus verneem dat die waterpomp stukkend is weens swak beplanning en instandhouding. Die stukkende waterpomp is tydelik met ‘n kleiner pomp vervang wat nie voldoende was nie. Gevolglik is krane vandag steeds leeg.

Amptenare van die Nketoana-munisipaliteit kon nie in hierdie krisis bereik word om verantwoording te doen oor die redes vir die watertekort nie. Die burgemeester het beloof dat water verlede Vrydag beskikbaar sou wees.

Die VF Plus het hierdie krisis onder die LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, Skully Nxangisa, se aandag gebring waarna weer belowe is dat watertoevoer gistermiddag herstel sou word.

Intussen het raadslid Heleen Muller van die VF Plus in die Nketoana-munisipaliteit water beskikbaar gestel aan inwoners van die munisipaliteit vanuit haar eie boorgat.

Die VF Plus veroordeel die swak beplanning en bestuur van die munisipaliteit. Die amptenare van die munisipaliteit dra die gevolge van ‘n onbevoegde ANC-administrasie en burgemeester se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas.

Die VF Plus sal voortgaan om terug te slaan teen swak dienslewering en sal stappe teen die verantwoordelike amptenare neem om toe te sien dat die inwoners van Nketoana die dienste ontvang waarvoor hulle betaal en op geregtig is.

Kontaknommer: 082 493 6389

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.