Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-regering se hantering van Agoa is soos ‘n ongeluk in stadige aksie

Die huidige Agoa-debakel is ‘n duidelike simptoom van die ANC-regering se minagtende houding teenoor Westerse handelsvennote en sy obsessie met Brics, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Hy sê probleme rondom die handelsooreenkoms (Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika) strek oor maande en onderstreep die regering se ongeërgde houding.

“Ons boere word erg benadeel deur Amerika se reëling om handel in drie vleissoorte te blokkeer, en dit kan veel erger raak indien die res van die ooreenkoms ook in die gedrang gaan kom. Indien sake voortduur soos nou, is dit selfs nie onmoontlik dat Suid-Afrika uit Agoa geskop kan word nie.

“Toe die VF Plus minister Rob Davies sowat twee maande gelede hieroor gekonfronteer het, het hy bloot skouerophalend gesê Amerika is 'n ‘soewereine land en kan maak wat soos hy goeddunk’.

“Dit is ironies dat Suid-Afrika onder die vorige bestel aan die ontvangkant van sanksies was weens sy beleid, en dat die ANC-regering met sy beleid nou daarin slaag om sanksies teen homself toe te pas.

“Wat Agoa aanbetref, het die geveg nie net oor hoenders gegaan nie. Amerika is bekommerd oor die seine wat gestuur word met onsinnige beleid soos die buitelandse beleggersverbod op aandeelhouding in sekuriteitsfirmas en grond asook die beperkinge wat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) op beleggers plaas,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.