fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering bewys bloot lippediens aan omgewingsbewaring

Wat omgewingsake aanbetref is die ANC-regering besig om ‘n swak rekord op te bou en as die land se plante, diere en sy komplekse ekologiese stelsels kon uitroep, sou dit waarskynlik ‘n klag teen die regering gewees het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor omgewingsake.

Adv. Alberts het vandag met die begrotingsposdebat van die departement van omgewingsake gesê die departement se slagspreuk vanjaar dat volhoubare omgewingsontwikkeling geskep moet word om beter omstandighede vir almal te verseker, klink goed, maar gegewe die regering se rekord tot op hede, is dit niks anders nie as blote lippediens aan die omgewing.

“Dit is asof ons net lewe buite die menslike sfeer belangrik ag indien dit onmiddellike en bepaalde voordele vir die mens inhou. Indien dit in die mense se pad staan sal dit uit die weg geruim word.

“Indien hierdie siening verkeerd is, moet die minister (Edna Molewa) verduidelik waarom die regering as primêre beskermheer van biodiversiteit in Suid-Afrika vergrype soos die volgende ooglopend toelaat:

“Die minister en haar departement sal die situasie drasties in heroënskou moet neem en werk daarvan maak om die totale omgewing te beskerm, nie net die deel daarvan wat direkte voordele vir die mens inhou nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.