fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-onstabiliteit in Mangaung saboteer dienslewering

Die politieke onstabiliteit en ANC-faksiegevegte in die Mangaung-metro het direk daartoe bygedra dat inwoners nóg swakker dienslewering sal ontvang.

Talle vullistrokke en watertenkers is deur die nag aan die brand gesteek in ‘n poging om dienslewering te saboteer.

Die ANC in Mangaung het reeds die vloot tot so ‘n mate wanbestuur dat hy van gehuurde voertuie gebruik moet maak. Dié voertuie is nou ook vernietig.

Die verlies aan hierdie voertuie sal die reeds sukkelende vullisverwyderingsdienste verder in die wiele ry.

Inwoners wat reeds geen water het nie weens die voortslepende waterkrisis, sal ook nie hul watervoorraad by watertenks kan kry nie.

‘n Verdere bron tot kommer is die groot hoeveelheid slange wat die laaste maand in Bloemfontein opgemerk is wat dui op ‘n probleem met plaagdiere.

Die opeenhoping van vullissakke sal dus nie net gesondheidsrisiko’s inhou nie, maar sal ook die veiligheid van inwoners bedreig.

Die VF Plus eis dat die kwaaddoeners so gou moontlik vervolg word. Politieke onstabiliteit mag nie oorspoel na onskuldige belastingbetalers nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.