fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Pretoria moet sy skuld betaal

Die VF Plus in Pretoria dring daarop aan dat die ANC sy agterstallige diensterekening aan die Tshwane-metroraad moet betaal.

Die ANC se streekkantoor in Pretoria skuld die Tshwane-metroraad R806,999 vir ‘n uitstaande water- en elektrisiteitsrekening. Volgens nuusberigte het die ANC die kantore in 2012 betrek, maar nie ‘n sent vir water of elektrisiteit betaal nie.

Die ANC beweer ‘n gedeelte van die skuld is historiese skuld wat die vorige 'wit huurders' nie betaal het nie. In stede daarvan om die regte ding te doen en die skuld te vereffen, speel die ANC nou weer die rassekaart om hul verantwoordelikheid te ontduik.

Die VF Plus gaan die saak ondersoek en vasstel waarom die ANC nie ‘n aanmaning of dagvaardiging ontvang het gedurende die tydperk wat die ANC in beheer van die Tshwane-metroraad was nie.

Inwoners se dienste word sonder meer opgeskort weens die nie-betaling vir dienste gelewer en daar kan nie ‘n uitsondering van die ANC gemaak word nie.

Kontaknommer: 072 815 4053

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.