fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Mbombela wil belastingbetalersgeld op oorsese reis vermors

‘n Groot bedrag geld wat die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Mbombela/Nelspruit, Skukuza en Witrivier) aan ‘n oorsese vigskonferensie wil bestee, is ‘n onnodige vermorsing van belastinggeld.

Die ANC-koukus in die munisipaliteit het verlede maand tydens 'n spesiale raadsvergadering besluit dat die munisipaliteit die R250 000 kan bekostig om ‘n burgemeesterskomiteelid en ‘n munisipale amptenaar, na Montreal in Kanada te stuur om 'n vigskonferensie by te woon.

Die konferensie vind plaas vanaf 29 Julie tot 2 Augustus 2022.

Die agendapunt is hewig betwis tydens die raadsvergadering.

Die VF Plus is gekant teen die uitgawe. Die konferensie kan virtueel bygewoon word teen ‘n fraksie van die bedrag.

Selfs al het die raad die twee persone ná 1 Junie geregistreer vir virtuele bywoning, sou dit teen die huidige wisselkoers minder as R16 000 vir beide gekos het.

Die VF Plus steun alle pogings om vigs te bestry, maar is van mening dat die geld eerder aangewend kon word vir MIV/vigs-bewusmaking en -behandeling in die munisipaliteit.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.