fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in die Vrystaat het opgegee met Masilonyana – laat inwoners in die steek

Dit het vandag aan die lig gekom dat die provinsiale administrasie waaronder die Vrystaatse Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Brandfort, Soutpan, Theunissen, Verkeerdevlei, Winburg) in 2017 geplaas is, sedert 30 September beëindig is. Dit maak nie sin nie aangesien die munisipaliteit eintlik swakker vaar as twee jaar gelede.

 

Nie die provinsiale wetgewer of die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) is hiervan in kennis gestel nie. Die munisipaliteit het geen verbetering onder provinsiale intervensie sedert 2017 getoon nie. Die finansiële posisie het tewens verswak en dienslewering het feitelik tot stilstand gekom.

 

Watervoorsiening in die munisipaliteit is onbetroubaar, elektrisiteit- en watermeters is disfunksioneel en die werklike gebruik stem nie ooreen met rekeninge wat gelewer word nie.

 

Die Masilonyana-raad is vandag in kennis gestel dat Eskom vanaf 3 Desember 2019 elektrisiteitvoorsiening aan die munisipaliteit gaan opskort weens wanbetaling.

 

Die munisipaliteit se skuld aan Eskom het binne twee jaar, tydens die provinsiale ingryping vermeerder met sowat R24 miljoen tot R70 miljoen. Die totale chaos waarin Vrystaatse munisipaliteite gedompel is, beklemtoon dat die ANC misluk as regering.

 

Die Masilonyaya-munisipaliteit mag nie verder aan die ANC toevertrou word nie. Die ANC se onbevoegdheid veroorsaak dat munisipaliteite in duie stort.

 

Die munisipaliteit moet ontbind sodat inwoners die geleentheid kry om 'n verantwoordelike plaaslike regering te verkies wat na hul behoeftes omsien en moet nie ‘n politieke speelbal van die munisipaliteit maak nie.

 

 

Navrae: 084 206 3375

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.