Die ANC en EFF se geslaagde mosie van wantroue teen die uitvoerende burgemeester van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit, Tyrone Gray, lei by implikasie die einde van die veelparty-minderheidskoalisieregering in wat die munisipaliteit sedert die 2021-plaaslike regeringsverkiesing beheer het.
Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit bedien Krugersdorp, Magaliesburg en Muldersdrift.
Gedurende die afgelope 14 maande kon die koalisie bestaande uit die DA, VF Plus, IVP en ACDP daarin slaag om die benarde finansiële- en diensleweringsituasie van die munisipaliteit om te keer.
Die ANC en EFF-gesteunde mosie plaas die munisipaliteit nou weer in die hande van die ANC-groepering wat in die eerste plek verantwoordelik was vir die agteruitgang van dienslewering en die stroping van die munisipaliteit se finansies.
Die pad na herstel van ‘n effektiewe regering in Mogale City begin vandag reeds en gaan ‘n aktiewe en gemobiliseerde gemeenskap verg wat meewerk om die ANC in Gauteng in 2024 te verslaan.
Die VF Plus speel hierin ‘n stabiliserende ankerrol wat nie slegs die provinsie kan regeer nie, maar ook elke munisipaliteit in Gauteng verantwoordbaar sal hou.