fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC, EFF en PA keur gebrekkige aansuiweringsbegroting vir JB Marks goed

Die ANC, EFF en PA het die aansuiweringsbegroting vir die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) goedgekeur nieteenstaande die geldige besware van die VF Plus.

Die besluit oor die begroting is op 28 Februarie 2023 uitgestel ná prosedurele en substantiewe besware deur die VF Plus en het gister (7 Maart) weer voor die raad gedien.

Die VF Plus het opnuut beswaar aangeteken teen die begroting wat steeds gebrekkig was in een of meer van die volgende aspekte:

1. Daar is ‘n wesenlike afname in die inkomste van die munisipaliteit. Die begroting vir munisipale dienste en erfbelasting word met R23 miljoen verminder wat ‘n aanduiding is dat die begroting opgeblaas is om beter te lyk as wat dit is.

2. Daar is begroot vir R10 miljoen minder as die aanvanklike R20 miljoen wat die munisipaliteit uit rente-inkomste sou verdien. Dit dui daarop dat die munisipaliteit se reserwes uitgeput word.

3. Die speaker en munisipale bestuurder het ‘n verdere R500 000 aangevra vir administratiewe uitgawes.

4. Die grootste probleem is die feit dat die kapitale uitgawes vir water, elektrisiteit en infrastruktuur gesny word met R47 miljoen rand. Dit strek tot groot nadeel van Potchefstroom aangesien die vervalle waterstelsel ‘n kommerwekkende probleem is wat dringende opgradering nodig het.

5. Ventersdorp se N14-projekte is byna heeltemal ingekort, aangesien die begroting vir die oorhoofse lyne, wat vir die plaasgemeenskappe reggestel moet word, van R4 miljoen tot R500 000 gesny is. Hierdie lyne is byna daagliks af.

6. Daar is met die aanvanklike begroting beplan om teen die einde van die jaar ‘n surplus van sowat R380 miljoen aan kontantvloei te hê. Ná die aanpassing van die begroting gaan daar ‘n kontantvloeiverlies van R56 miljoen wees. Die munisipaliteit is dus R436 miljoen rand slegter af as wat aan die begin van die jaar beplan was.

Die VF Plus se wesenlike besware oor die begroting is beantwoord met persoonlike aanvalle teen raadslede van die party.

Die spot is gedryf met geldige vrae van die VF Plus-raadslid Thys Rossouw, ‘n gekwalifiseerde rekenkundige, waarop geen antwoorde verskaf kon word nie.

Die VF Plus het juis kundige raadslede aangestel om te verseker dat die gemeenskap se belange gedien word. Hierdie optrede dui op die onkundigheid van die ANC en ander partye se raadslede.

Die inkorting van kapitale uitgawes, wat broodnodig is vir die gemeenskap, maak dit duidelik dat die ANC nie die gemeenskap van JB Marks se belang eerste stel nie.

Dit is onaanvaarbaar dat die begroting vir instandhouding en dienslewering verminder word terwyl daar geld is vir onnodige administratiewe luukshede.

Die inwoners van JB Marks verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.