fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC-beheerde Emfuleni keur agt voorstelle van VF Plus goed

Volgehoue druk op die ANC-regering kan wel suksesvol wees soos bewys is met die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se aanvaarding van agt van die VF Plus se voorstelle tydens ‘n raadsvergadering.

Die voorstelle wat dienslewering bevorder, is tot voordeel van alle inwoners en dwing die burgemeester, Sipho Radebe, en die munisipale bestuurder, April Ntuli, om streng beheer oor projekte te handhaaf.

Die aanvaarde voorstelle is as volg:

1. Kontrakte wat op 31 Maart vanjaar ten einde loop, word verleng tot 30 September 2024 om die rehabilitasie en herseëling van bestaande teerpaaie soos nodig uit te voer.

2. Huidige diensverskafferkontrakte word vir 18 maande verleng vanaf 31 Maart tot 30 September 2024.

3. ‘n Openbare deelnameproses soos aangedui in artikel 116 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet vir die plaas van advertensies word goedgekeur. Die openbare deelnameproses sal 14 dae duur in afwagting op kommentaar van die gemeenskap. Die munisipale bestuurder en burgemeester moet ‘n finale verslag met alle kommentaar aan die raad voorlê.

4. Die rekenmeester is verantwoordelik vir die hernuwing van alle kontrakte wat op 31 Maart verval.

5. Die huidige kontrakteurs se name sal op die Emfuleni-munisipaliteit se webtuiste verskyn.

6. Indien die Emfuleni-webtuise nie aktief is nie, sal die nodige inligting in alle plaaslike koerante gepubliseer word en ‘n harde kopie in die plaaslike biblioteek vir kennisname geplaas word.

7. Indien die goedgekeurde kontrakteurs nie hul werksaamhede suksesvol uitvoer nie, sal die kontrak gekanselleer word.

8. Die diensooreenkoms met huidige verskaffer van Emfuleni se webtuiste moet gefinaliseer word.

Die huidige finansiële 2022/23-begroting maak voorsiening vir R260 miljoen wat die Gautengse provinsie bewillig is om die projekte wat op 31 Maart verval, vir ‘n verdere 18 maande te verleng.

Die VF Plus het die voorstelle ingedien om seker te maak dat openbare deelname plaasvind en maatreëls te bewerkstelling om korrupsie uit te skakel.

Indien diensverskaffers en kontrakteurs nie aan voorgeskrewe standaarde voldoen nie, sal hul kontrakte dadelik beëindig word.

Volgens voorskrifte van die Munisipale Finansiële Bestuurswet sal ‘n proses van ‘n mededingende aanbod gevolg word.

Die VF Plus in Emfuleni het nog nooit teruggestaan vir die ANC-beheerde raad nie en sal aanhou om druk op die raad te plaas tot voordeel van die inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.