fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Amptenare van Govan Mbeki-munisipaliteit sleep voete om waterkrisis in Kinross op te los

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat die bestuur van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit se departement vir water en sanitasie traag is om 'n permanente oplossing vir die waterkrisis in Kinross te vind.

Die VF Plus het die bestuurder van die munisipale water- en sanitasiedepartement, mnr. Hape Rafuthe-Setenane, reeds op 30 April gevra om ‘n oplossing te vind.

Verskeie inwoners het al vir ses dae geen lopende water nie.

Die waterkrisis het nie oornag ontstaan nie. Swak beplanning van munisipale kant speel ‘n groot rol.

Die reservoirs word nie gereeld skoongemaak nie en daar kan moontlike blokkasies wees wat die waterdruk beïnvloed.

Infrastruktuur soos pyplyne, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe wat nie in stand gehou word, dra by tot die probleem.

Die VF Plus het ook die departementele adjunk-direkteur, mnr. Rofhiwa Mulaudzi, versoek om dringend 'n tydelike oplossing te vind.

Die munisipaliteit het intussen 'n watertenkwa na die geraakte woonbuurte uitgestuur.

Inwoners kan egter nie vir 'n onbepaalde tydperk staatmaak op 'n watertenkwa om water te verskaf vir sanitasie en ander huishoudelike doeleindes nie.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die munisipaliteit om die waterkrisis op te los.

Toegang tot skoon en voldoende water is ‘n grondwetlike reg en die VF Plus sal toesien dat die Govan Mbeki-munisipaliteit dit eerbiedig.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.