fbpx
Vryheidsfront Plus

Aksie en nie idees nie is nodig om land se ekonomie te red – Parlementêre debat: Idees vir ekonomiese oplewing ná die resessie

Wat Suid-Afrika nodig het om uit die put van sy huidige ekonomiese resessie te kom is aksie, en nie net idees nie.

Een van die hoofredes vir die ekonomiese stagnering is die regerende ANC se planne oor onteiening sonder vergoeding. Dit sal die ANC daarom loon om aandag te skenk aan die voorleggings hieroor aan die grondwetlike hersieningskomitee.

Nedbank se uitvoerende hoof, mnr. Mike Brown, sê onder meer dat voornemende beleggers al hoe meer bekommerd raak oor die ekonomiese situasie in Suid-Afrika. In gesprekke met beleggers is voorheen gewoonlik twintig minute van elke uur bestee aan wat in die land gebeur, tien minute aan die bankwese en dertig minute aan die bank self.

In die laaste twee maande word veertig minute van die uur bestee aan wat in die land gebeur. Slegs vyf minute aan die bankwese en vyftien minute aan die bank.

Nicky Weimar, senior ekonoom by Nedbank, sê onder meer die regering praat baie oor wat onteiening sonder vergoeding nie sal behels nie, soos dat daar nie grondgrype sal wees nie en dat voedselsekerheid nie in die gedrang sal kom nie.

Wat nie gesê word nie, is hoe daar seker gemaak gaan word dat grondonteiening nie totaal buite beheer eskaleer nie, aldus Weimar.

Onteiening sonder vergoeding is die groot probleem wat die ekonomie lamlê, en so lank as wat die regering ontken dat dit die kernoorsaak van die krimpende ekonomie is, so lank sal die agteruitgang voortduur.

Die ANC-regering is gebind aan sy ideologie. Hy moet ophou om te dink hy regeer net vir die ANC. Die belastingbetaler se geld behoort nie aan die regering nie, dit behoort aan die belastingbetalers en die inwoners van Suid-Afrika, en dit moet dienooreenkomstig bestee word.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.