Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aanstelling van Tshwane-stadsbestuurder deur administrateurs is onwettig

Die administrateurs in beheer van die Tshwane-metroraad se voorneme om ‘n stadsbestuurder aan die einde van die maand aan te stel, is waarskynlik onwettig.

Die administrateurs onder leiding van Mpho Nawa is deur Gauteng se provinsiale regering aangestel.

Die Grondwet maak geen voorsiening vir administrateurs om ‘n stadsbestuurder aan te stel nie. Die huidige administrasiebevel is in terme van Artikel 139(c) van die Grondwet, wat dit ten doel het om op die kort termyn stabiliteit na ‘n raad te bring, maar nie om die raad se rol oor te neem nie. Slegs ‘n munisipale raad kan ‘n stadsbestuurder aanstel.

Dit wil voorkom asof die administrateurs doelbewus buite die grondwetlike raamwerk beweeg deur eerstens ‘n begroting goed te keur, en nou ook ‘n stadsbestuurder aan te stel, waarvan beide slegs deur ‘n munisipale raad gedoen mag word.

Die skade wat hierdie aanstelling vir die metro kan berokken, is onmeetbaar en kan lei tot onwettige besluite, hersieningsaansoeke en duur arbeidsgeskille.

 

Navrae: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.