fbpx
Vryheidsfront Plus

Aanstelling van kontrakteur in Lekwa-munisipaliteit kan voortslepende rioolkrisis beredder

Die VF Plus in die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Morgenzon, Standerton) verwelkom die uiteindelike aanstelling van 'n kontrakteur om aan die Coligny-rioollyn in Standerton werk.

Die aanstelling volg op volgehoue druk van die VF Plus om die jarelange rioolkrisis op te los.

Daar is R21 miljoen begroot vir die projek om die rioollyn vanaf Colignystraat tot die Muller-rioolpomp aan te lê.

Die kontrakteur sal na verwagting hierdie week begin werk en die eindproduk sal 'n langtermynoplossing wees.

Duisende liter riool beland daagliks in stormwaterslote in die dorp en vloei dan in die Vaalrivier.

Talle boere en inwoners van Lekwa is afhanklik van water uit die rivier vir landbou- en huishoudelike doeleindes.

Nie net het Lekwa se wanbestuur bygedra tot die agteruitgang van die munisipaliteit nie, maar ook tot gesondheidsgevare vir inwoners en die omgewing.

Die VF Plus het al in 2020 'n strafregtelike klag ingedien vir die aanhoudende besoedeling van die Vaalrivier.

Die oortredings was ingevolge artikel 151(i)(j) van die Nasionale Waterwet (36 van 1998) en die Afvalbestuurswet (59 of 2008).

Die munisipaliteit was ook in minagting van ‘n hooggeregshofbevel (2018) vir besoedeling.

Die nasionale departement van water en sanitasie het in 2018 gesorg dat die hooggeregshof ‘n bevel teen die munisipaliteit uitreik om sy rioolstasies onmiddellik te herstel en om te verhinder dat die Vaalrivier en ander bronne verder besoedel word.

Volgens inligting en video-opnames van inwoners in Standerton, loop die riool egter steeds die afgelope vier jaar in die Vaalrivier en die bevel is bloot geïgnoreer.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die Lekwa-munisipaliteit te plaas om seker te maak dat diensleweringsprobleme reggestel word.

Inwoners is geregtig op die diens waarvoor hulle betaal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.