fbpx
Vryheidsfront Plus

Wêreld moet kennis neem van slagting onder Suid-Afrikaanse boere

Nog ‘n boer is dié week wreed vermoor en sy vrou met messe gesteek en vermoedelik verkrag en die VF Plus sal aanhou om alles in sy vermoë te doen om die internasionale gemeenskap oor die slagting onder Suid-Afrikaanse boere in te lig.

In die jongste voorval is ‘n plaasbestuurder (40) en sy vrou (39) van Ladybrand Maandagaand (19 Maart) omstreeks 19:00 oorval kort nadat hulle op die plaas Brandenberg, sowat 5km vanaf Ladybrand tuisgekom het.

Albei is vasgebind en die man is met messe doodgesteek. Die vrou is ook met messe gesteek en luidens mediaberigte ook verkrag. Sy kon later loskom en het te voet gaan hulp soek. Die egpaar het drie kinders. ‘n Dogter van 14 en seuns van 11 en 7.

"Die onopgetekende tragedie van die laaste dekades se plaasaanvalle waarin honderde boere vermoor is, lê in die effek wat dit op naasbestaandes het. Soos in hierdie geval waar drie jong kinders nou sonder ‘n pa moet grootword en waar ‘n ma waarskynlik die res van haar lewe met erge emosionele verwonding sal moet worstel," sê Jan van Niekerk, VF Plus leier in die Vrystaat.

"In die ANC-regering se arrogante reaksie op ‘n land soos Australië se uitlatings oor plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding verlede week het veral een aspek duidelik uitgestaan:

D"it is dat die boodskapper aangeval is, maar dat niks oor die boodskap self gesê is nie. Hierdie boodskap is die harde werklikheid van plaasmoorde en werklikheid van onteiening sonder vergoeding waarvoor die ANC-regering hom beywer.

"Die VF Plus sal nie rus in sy pogings om die wêreld hieroor in te lig nie, en dit is waarom die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald vandeesweek na Brussel in België reis: Om te sorg dat daar kennis geneem word van die lot van minderhede in Suid-Afrika.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.