fbpx
Vryheidsfront Plus

Vuurwapen-amnestie skep verwarring

Verwarring heers oor die vroeëre uitlating van die minister van polisie, Bheki Cele, dat die amnestieperiode om onwettige vuurwapens in te handig, verleng sou word. Die bestaande amnestieperiode het op 31 Mei verstryk.

"Dit moet duidelik gestel word dat die minister nie die bevoegdheid het om die amnestieperiode te verleng nie. Hy kan slegs ‘n versoek aan die parlement rig om ‘n nuwe periode van amnestie," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"In die parlement moet die nasionale vergadering se portefeuljekomitee vir polisie, asook die staande komitee vir veiligheid in die nasionale raad van provinsies, die versoek bespreek waar dit selfs gewysig kan word voor finale goedkeuring.

"Nadat die komitees dit goedgekeur het, moet dit finaal in die nasionale vergadering goedgekeur word.

"Die minister en sy departement het verkeerdelik gedink ‘n blote verlenging van 1 Junie kon gevra word. Die VF Plus (dr. Pieter Groenewald) het in die polisiekomitee gesê dit sou onwettig wees, aangesien die proses nie korrek gevolg is nie.

 

‘n Nuwe proses word nou gevolg en ‘n nuwe versoek wat vra om ‘n amnestieperiode vanaf 1 Augustus 2020 tot 31 Januarie 2021, dien môre voor die portefeuljekomitee van polisie en sal die korrekte proses volg.

 

"Die VF Plus het nie in beginsel ‘n beswaar teen ‘n vuurwapenamnestie-periode nie, maar die korrekte prosedure moet gevolg word.

"Die werklikheid is dat die doel van ‘n amnestieperiode om onwettige vuurwapens van misdadigers uit die samelewing te onttrek, ‘n mislukking is aangesien nog nie ‘n enkele misdadiger in die amnestieperiodes tot nou toe ‘n vuurwapen ingehandig het nie.

"Deel van die verwarring is weens die onbevoegdheid van amptenare. Aangewese vuurwapenbeamptes (AVB) is nie behoorlik opgelei nie en weet nie wat die wetlike bepalings is nie. Sommige AVB’s ontvang vuurwapens en ander nie. Dit moet reggestel word," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.