fbpx
Vryheidsfront Plus

Vullisverwyderingsprobleme in Ekurhuleni binnekort opgelos

Die VF Plus is tevrede dat probleme rondom vullisverwydering in die Ekurhuleni-metroraad binnekort iets van die verlede sal wees.

Baie van die plaaslike vullisverwyderingsvoertuie het onklaar geraak en vullisverwydering het om dié rede in sekere gebiede agterweë gebly.

Die metro se departement van vullis en sanitasie is tans besig met ‘n ondersoek na bewerings van interne sabotasie aan die voertuie kort nadat dit herstel is.

Die bestuurder van die vullisbergingseenheid sal ook ‘n dokument ontvang waarin aangedui word in watter gebiede daar agterstande is en die redes daarvoor. Die inligting sal aan inwoners verskaf word.

Die metroraad ondersoek ook die opsie van ‘n onderhoudshuurkontak vir die vloot voertuie om herstelwerk aan vragmotors teen ‘n redelike tyd af te handel.

Die koalisieregering van die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus ‘n vennoot is, is gerig op dienslewering en sal toesien dat vullisverwydering konsekwent geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.