fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku lank reeds oor skole in Gauteng

Die VF Plus in Gauteng het reeds in 2016 gewaarsku dat leerlinge in die provinsie se skole handuit sal ruk en ‘n situasie sal skep waar jeugdiges volwassenes gaan hiet en gebied indien gedragskodes in skole in die slag sou bly.

In daardie stadium was die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, besig om gedragskodes by alle skole op te skort.  

Skaars twintig maande later en ‘n verslag verskyn vandag in die media wat aandui hoe erg leerlinge in skole handuit ruk. Die VF Plus is bekommerd dat te veel leerlinge reeds in ‘n staat van misdaad verval het en dat Suid-Afrika oor ‘n kwessie van vyf jaar kan sit met ‘n totaal ongedissiplineerde gemeenskap wat geen gevoel of respek vir ander se lewens of eiendom sal hê nie.

 Luidens die verslag was ‘n totaal van 479 leerlinge betrokke by verskeie misdade soos die besit van onwettige middels en die handeldryf daarin, boelie en kuberboelie, aanranding van onderwysers of personeel, aanranding van leerlinge met die doel om ernstig te beseer, bedrog, besit van gevaarlike wapens, seksuele teistering, diefstal en poging tot moord.

"Die VF Plus plaas die verval van skole reg voor die deur van Lesufi. Dié optrede van leerlinge bevestig opnuut dat hy totaal en al onbevoeg is om as LUR op te tree en dat hy dadelik uit sy pos verwyder moet word," sê Philip van Staden, VF Plus wetgewerlid in Gauteng

Van Staden meen die die verslag is ‘n duidelike bewys dat Lesufi se politieke inmenging in skole tot gevolg het dat leerlinge geen respek meer het vir enige reël en regulasies of wet en orde nie.

"Die VF Plus bedank nogtans onderwysers vir die werk wat hul probeer verrig onder die huidige haglike omstandighede in Gautengse skole en ook skole en leerlinge wat wel respek betoon vir reëls en regulasies en dit toepas.  Leerlinge en skole wat respek het vir wet en orde sal eendag uitstyg as die verantwoordelike leiers van hierdie land," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.