fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom nuwe gesondheidsregulasies oor selfkwarantyn; sal doeltreffendheid daarvan dophou

"Die VF Plus verwelkom die nuwe regulasies wat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, gister in die Staatskoerant gepubliseer het wat bepaal dat mense wat Suid-Afrika binnekom, moontlik toestemming gegee kan word om vir veertien dae selfkwarantyn toe te pas indien daar aan sekere kriteria van die regulasies voldoen word," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Daar is natuurlik sekere voorwaardes waaraan voldoen moet word, soos dat die betrokke persoon se werkgewer ‘n geskrewe aansoek ten minste 72 uur voor so ‘n persoon se vertrek na Suid-Afrika moet stuur aan die direkteur-generaal van gesondheid om die nodige toestemming te verkry.

Die volgende inligting moet verskaf word:

Besonderhede en adres waar die selfkwarantyn gaan plaasvind, ‘n geskrewe verklaring wat die persoon verbind tot alle voorwaardes van selfkwarantyn, ‘n afskrif van id-dokument of paspoort, kontakbesonderhede waar die persoon gekontak kan word gedurende die kwarantyntydperk en besonderhede van reisplanne van die voorafgaande dertig dae. Dit is duidelik in die regulasies dat indien ‘n persoon toestemming geweier word om selfkwarantyn toe te pas, hy of sy in ‘n staatsgerief geplaas sal word.

"Die VF Plus het reeds verlede maand gepleit dat regulasies gewysig moet word vir Suid-Afrikaners wat vanaf buurstate en die buiteland gerepatrieer word en vir veertien dae in haglike kwarantyngeriewe aangehou is, om toegelaat te word en die keuse gegun te word om selfkwarantyn/isolasie toe te pas indien hulle dit wel kan doen en die nodige bewys daarvoor kan lewer. Suid-Afrikaners wat gerepatrieer is sedert die aanvang van die inperkings, het telkens by geriewe opgedaag wat nie gunstig was vir menslike gebruik of aan enige gesondheidstandaarde voldoen het nie.

https://www.vfplus.org.za/media-releases/drakoniese-regulasies-moet-gewysig-word-sodat-gerepatrieerdes-selfkwarantyn-kan-toepas

"Die VF Plus het klagte oor meer as tien geriewe oor die inperkingstydperk ontvang wat telkens met die departement van gesondheid opgeneem moes om die probleme reg te stel. Mense wat in hierdie geriewe beland het, se menseregte is gruwelik geskend en dit het gereeld opslae in die media gemaak. Daar is selfs ‘n hooggeregshofbevel uitgereik wat die Zithabiseni-gerief in Mpumalanga gesluit het aangesien daar nie aan die algemene gesondheidstandaarde voldoen is nie.

"Hoe doeltreffend hierdie nuwe regulasies toegepas gaan word en hoe doeltreffend die aansoeke aan die direkteur-generaal hanteer gaan word, is in hierdie stadium onseker. Die VF Plus staan nogtans gereed om mense in dié verband te help.

"Die VF Plus beskou hierdie nuwe regulasies as ‘n groot oorwinning. Dit dien as bewys dat die regering nie mense se regte kan vertrap soos hy wil nie en dat die regering tog geswig het voor die deurlopende druk van ‘n party soos die VF Plus," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.