Die VF Plus het vandag tydens ‘n spesiale raadsitting van die Maruleng-plaaslike munisipaliteit (Hoedspruit) teen ‘n verhoging vir raadslede gestem.
Die VF Plus was die enigste party wat teen die verhoging gestem het.
Die raad het ’n verhoging van 3% terugwerkend vanaf Julie 2021 goedgekeur.
Dié verhoging jaag die 27 raadslede van Maruleng se jaarlikse salarisrekening op na meer as R11 miljoen.
Met swak dienslewering, wanbestuur en die algehele verval van die munisipaliteit, is dié salarisverhoging nie vir die VF Plus ‘n prioriteit nie.
Die geld kan eerder aangewend word om kritieke infrastruktuur te herstel of te vervang.
Die VF Plus plaas die belange van Maruleng se inwoners eerste en sal aanhou veg vir hul reg tot ordentlike dienslewering.