fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug is terug op Tuks – word jou toekoms onteien?

Honderde studente het verlede Donderdag hul steun aan die VF Plus-jeug gewys deur in lang rye in gietende reën te staan om die VF Plus as ‘n minderheidsregte-politieke party by die Universiteit van Pretoria te help registreer.

"Die boodskap hiermee is dat die tyd aangebreek het om terug te veg teen die vooroordeel, onverdraagsaamheid en die klimaat van rassespanning op kampus," sê Jean Kriek, VF Plus-jeugleier in Gauteng

Kriek sê studente het ‘n behoefte aan ‘n veilige en stimulerende omgewing waar verskille gerespekteer word en nie ontaard in ‘n pynigende smeltkroes telkens wanneer studente van minderheidsgroepe die ANC en EFF aanvat oor hul haatspraak en rassistiese propaganda op kampus nie. 

Die volgende studente is eenparig verkies om die VF Plus-jeug op Tuks te verteenwoordig:

•           Voorsitter                      :           Daniel Viljoen

•           Onder-voorsitter            :           Brendan Jordaan

•           Sekretaris                     :           Natasha Labuschagne

•           Tesourier                      :           Kyla-Marie Kraemer

•           Transformasie               :           Denine Rudolph

Studente van minderheidsgroepe het hiermee eindelik ‘n politieke stem gekry om op elke vlak te veg vir hul regte, tot in die parlement.

Hulle missie is:

•           Om te verseker dat toelating tot dié universiteit op meriete geskied.

•           Dat die reg op moedertaalonderrig geprioritiseer en nie gedemoniseer word nie.

•           Om te veg vir studente van minderheidsgroepe se reg tot kultuur- en godsdiensvryheid op kampus.

"Ons het vir te lank toegelaat dat radikale elemente ons tradisies en kultuur op universiteit onteien," sê Kriek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.