fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Ekurhuleni-metroraad vra strafregtelike vervolging ná miljoene afgeskryf word

Die aanbeveling van die Ekurhuleni-metroraad (Boksburg, Kemptonpark, Nigel, Springs, Alberton en omliggende gebiede) om miljoene rande se historiese skuld af te skryf, is onaanvaarbaar en die VF Plus het ‘n alternatiewe aanbeveling ingedien.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering, het tydens die raadsvergadering voorgestel dat diegene verantwoordelik strafregtelik aangekla word. Die aanbeveling is so aanvaar.

Die skuld spruit voort uit die voormalige ANC-regering se wanbestuur wat oorgedra is aan die koalisieregering. Die aanvanklike aanbeveling vra dat die geld afgeskryf word as vrugtelose en onregmatige uitgawes.

Die party het ook aanbeveel dat ondernemings wat hulself skuldig gemaak het aan ongerymdhede tydens die indien van tenders, ook strafregtelik aangekla word.

Die skuld is onder meer die gevolg van opgeblase tenders, tenders wat wanbestuur is en tenderbedrog. Bedrae beloop R733 000, R15 000 000, R970 000, R8 000 000 en R410 000 000.

Hierdie geld kon vir dienslewering gebruik word om die lewe van inwoners van Ekurhuleni te verbeter.

Die VF Plus sal nie rus totdat die skuldiges aan die pen gery het nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.