fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien beswaar in oor afsaag van inheemse bome in Witbank

Die VF Plus het na klagtes van besorgde inwoners van Witbank/Emalahleni oor die afsaag van inheemse Apiesdoringbome, amptelik beswaar ingedien by die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank).

Verskeie Apiesdoringbome is verlede week in Jackaroopark afgesaag.

Die VF Plus kon by die plaaslike parkeraad vasstel dat geen permit vir die afsaag vir die bome uitgereik is nie en dat boetes aan die skuldiges uitgereik is.

Alhoewel die VF Plus nie gekant is teen die verwydering van uitheemse bome en plantegroei nie, moet inheemse flora beskerm en bewaar word vir toekomstige geslagte. Oortreders moet streng beboet word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.