fbpx
Vryheidsfront Plus

Verwaarloosde gemeenskappe van Roedtan en Thusang moet dringend gehelp word

Die verwaarloosde gemeenskappe van Roedtan en Thusang wat erge diensleweringsprobleme ervaar, moet dringend gehelp word.

Die VF Plus het ‘n skrywe hieroor gerig aan Limpopo se LUR vir samewerkende regering, mnr. Basikopo Makamu en die munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Naboomspruit, Roedtan, Nylstroom, Alma, Vaalwater), mnr. Ben Thobela.

Hierdie gemeenskappe gaan gebuk onder ernstige watertekorte en rioolprobleme en het die VF Plus genader om hulle te help aangesien hulle geen hulp of samewerking van die munisipaliteit ontvang nie.

Mnr. Thobela het dadelik gereageer op die skrywe en in sy antwoord bevestig dat ’n diensverskaffer aangestel is wat hierdie week begin om die ernstige waterkwessies aan te spreek.

Luidens ’n brief wat gemeenskapslede van Roedtan en Thusang ook aan die party gestuur het, word projekte aangepak, maar nie voltooi nie en die gemeenskappe se basiese regte word daagliks geskend deurdat daar nie drinkbare water is nie.

Die gebrek aan water strem ook enige ekonomiese ontwikkeling op die dorpe.

Die VF Plus besoek eerskomende Maandag (13 November) die gemeenskappe om die probleme te bespreek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.