fbpx
Vryheidsfront Plus

Verkiesing van nuwe burgemeester in Matlosana sloer weens ANC-binnegevegte

Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) het die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising (Cogsta) in Noordwes, Lenah Miga, in ‘n skrywe versoek om dringend in te gryp om stabiliteit in die munisipaliteit te herstel.

Hierdie stap volg ná die afsterwe van die burgemeester, me. Maetu Kgaile, vroeër vanjaar. Weens die feit dat die lede van die burgemeesterskomitee se termyne direk gekoppel is aan dié van die burgemeester, is die munisipaliteit sedertdien sonder ‘n uitvoerende bestuur.

Die munisipale raad is effektief lamgelê en geen besluite kan geneem word nie. Die VF Plus het reeds herhaalde versoeke gerig aan die speaker in die raad, mnr. Washington Ntozini, om ‘n spesiale raadsvergadering te belê sodat ‘n nuwe burgemeester verkies kan word.

Geen terugvoer is tot dusver van die speaker onvang nie. Daar bestaan ook geen geldige rede waarom daar gesloer word om die proses af te handel nie.

Dit is duidelik dat die gemeenskappe van Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein weereens uitgelewer is aan die gevolge van ANC-binnegevegte.

Die plaaslike ANC-leierskap is skynbaar bereid dat dienste in duie stort en die onstabiliteit in Matlosana voortduur, net om hul eie politieke agendas te bevorder.

Die inwoners van Matlosana moet in die komende verkiesing saam met die VF Plus opstaan en saamstaan om te verseker dat die ANC uit die munisipaliteit verwyder word. Inwoners kan nie langer uitgelewer word aan politici wat net hul eie belange dien nie.

Navrae: 082 929 4542

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.