Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verbroude kanse maak Kgaile weer Matlosana-burgemeester

"Inwoners van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Hartbeesfontein en Orkney) word weereens benadeel deur die uitslag van Maandag se burgemeestersverkiesing," sê Michal Groenewald, VF Plus-raadslid in Matlosana en Noorwes-leier.

Maetu Kgaile, wat in Oktober uit haar amp as burgemeester onthef is deur 'n mosie van wantroue deur opposisiepartye, is weer as burgemeester verkies.

Dit volg op die bedanking van die ANC se Washington Ntozini, 'n dag na hy verkies is.

Die VF Plus het die Demokratiese Alliansie-burgemeesterskandidaat in die mees onlangse verkiesing gesteun, maar is daarvan oortuig dat die ANC ‘n kans gegee is om homself te herorganiseer. Opposisie in die raad, waaronder die DA, het drie weke gelede ‘n gulde geleentheid gehad om die burgemeesterskap van die ANC weg te neem toe net 25 van ANC-raadslede vir daardie raadsvergadering opgedaag het. 

Die VF Plus was die enigste opposisieparty wat by daardie verkiesing ‘n burgemeesterskandidaat gestel het.

"Die uitlslag van vandag se burgemeestersverkiesing was effektiewelik bepaal toe ander opposisiepartye in die raad nie van die geleentheid gebruik gemaak het om die ANC uit die amp te verwyder nie. 

"Vandag se verkiesing van Kgaile as burgemeester was toe reeds bepaal.

"Die VF Plus sal egter aanhou om teen swak dienslewering onder Kgaile terug te slaan sodat die hele gemeenskap van Matlosana se belange eerste gestel word," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.