Die Valke is gevra om ondersoek instel na bewerings oor ongerymdhede rondom bykans ‘n miljard rand in die persoonlike bankrekening van Kule Mahumapelo, eggenote van Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, asook die wyse waarop dit bekom is.
Bewerings doen op sosiale media die ronde dat Kule Mahumapelo glo sekere sake-ondernemings gebruik het om geld, wat op ‘n korrupte wyse bekom is, te was.
"Die VF Plus het die Valke versoek om spoedig op te tree om die bewerings te ondersoek," sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes.
Groenewald sê indien nodig, moet ‘n hofbevel verkry word om Kule Mahumapelo se bates te vries terwyl die ondersoek aan die gang is.