fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Twyfel oor Noordwes-premier se vermoë om faksiegevegte in nuwe uitvoerende raad te beheer

"Faksiegevegte binne die ANC in die Noordwes-provinsie het ‘n verwoestende effek op gemeenskappe en hou negatiewe gevolge in vir veiligheid, infrastruktuur, ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike welstand," sê De Wet Nel, VF Plus LPW in Noordwes.

"Die vraag wat na vore kom is of dr. Job Mokgoro, nuutverkose premier van Noordwes, se onlangs-aangekondigde uitvoerende raad ANC-binnegevegte in toom kan hou, en of gaan hy toelaat dat dit die provinsie verder negatief beïnvloed," sê Nel.

"Die VF Plus wens dr. Mokgoro en die uitvoerende raad sterkte toe met die werk wat voorlê, maar kan hom terselfdertyd verseker dat die party sake in Noordwes fyn sal dophou.

"Daar kan nie toegelaat word dat dienslewering en die ekonomie in dié streek verder ly onder wanbestuur, korrupsie en afbrekende ANC-binnegevegte nie. Dit is ook belangrik dat wedersydse respek sal bydra tot beter debatvoering en probleemoplossing binne Noordwes se provinsiale wetgewer," sê Nel.       

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.