As deel van die Slaan Terug SA, ‘n VF Plus-inisiatief teen onteiening sonder vergoeding, is die VF Plus Grondonteienigsregfonds gestig om die regskostes te help delg van persone waar grondgrype moontlik kan plaasvind en om moontlike regskoste te befonds om die grondwetwysiging wat onteienig sonder vergoeding sal moontlik maak, te beveg.
Dié Trustfonds vorm deel van die VF Plus se plan teen Onteiening Sonder Vergoeding wat in ‘n mosie in die parlement aanvaar is. Ingevolge ‘n mosie wat deur die parlement aanvaar is, moet die Grondwetlike Hersieningskommisie die voorgestelde wysiging van Artikel 25 van die Grondwet oorweeg en voorstelle aan die parlement maak.
Ander meganismes wat die VF Plus sal gebruik om die wysging van die Grondwet te keer is:
Hoewel dit maande kan neem om onteiening sonder vergoeding deur die parlement te kry, is dit belangrik dat burgerlike en politieke meganismes en prosesse reeds geïmplementeer word.
Dit is in belang van elkeen wat bekommerd is oor die feit dat die wysiging van die Artikel 25 van die Grondwet die mees fundamentele reg van ons demokrasie, naamlik die reg tot en beveiliging van eienaarskap, in gedrang sal bring.
Die besonderhede vir diegiëne wat daarin belangstel om finansiele bydraes tot die VF Plus Grondonteienigsregfonds te maak, is:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Grondonteienigsregfonds
Rekeningnommer: 90651 71059
Takkode: 632 005
Persone wat reeds onwettige grondgrype ervaar, kan die die VF Plus-noodepos gebruik om ons daarvan in kennis stel by help@vfplus.org.za.