fbpx
Vryheidsfront Plus

Sedibeng: Speaker beskerm burgemeester teen mosie van wantroue

Die speaker van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, Moipone Modikeng, se openlike beskerming van die burgemeester, Lerato Maloka, is ‘n aanslag op die demokrasie en die suksesvolle bestuur van die munisipaliteit.

Die plaaslike munisipaliteite van Emfuleni, Lesedi en Midvaal val onder die Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

Die speaker het gister geweier dat ‘n mosie van wantroue in die burgemeester voor die raad dien en aangevoer dat al die redes vir die mosie voor die deur van die Artikel 80-portefeuljekomitees van die raad gelê moet word.

Sy het ook aanbeveel dat die openbare rekeningekomitee (MPAC) eers die redes vir die mosie moet ondersoek en dit aan die raad voorlê.

Die VF Plus sou uiteraard die mosie gesteun het aangesien die burgemeester nie bydra tot die verbetering of vervulling van die doelwitte van plaaslike regering soos vereis deur die Grondwet nie.

So is die begroting vir die 2022/23-finansiële jaar laat ter tafel gelê en dit is ook onbefonds. Die lisensiekantore kan ook geen diens lewer nie en ontneem inwoners van die geleentheid om hul voertuiglisensies vroegtydig te hernu.

Die VF Plus het ‘n brief gestuur aan die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, om in te tree en die speaker aan te spreek oor haar ongrondwetlike besluite.

Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit kan met sy onbefondsde begroting verskeie projekte nie uitvoer nie wat belastingbetalers benadeel.

Sedibeng se inwoners verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.