fbpx
Vryheidsfront Plus

Rustenburg: VF Plus hou ANC-raadslid verantwoordbaar vir pligsversuim

Die VF Plus het gister met ‘n suksesvolle mosie ‘n slag geslaan vir verantwoordbaarheid en doeltreffende finansiële oorsig in die Rustenburg-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein-A, Marikana, Phatsima, Rustenburg, Tlhabane) deur ‘n ANC-raadslid uit die komitee vir munisipale openbare rekeninge (MPAC) te laat verwyder.

Die VF Plus het die mosie voor die raad gebring en geëis dat die ANC-raadslid, mnr. M.C. Dumani, onmiddellik uit sy pos in die MPAC verwyder word weens onder meer sy gereelde afwesigheid van komitee-vergaderings.

Sy optrede het oor ‘n tyd die komitee se werksaamhede ontwrig met vergaderings wat weens ‘n gebrek aan ‘n kworum nie kon voortgaan nie. Doeltreffende finansiële oorsig in die munisipaliteit is só belemmer.

Die VF Plus se mosie is deur ‘n meerderheid lede in die munisipale raad gesteun en Dumani is met onmiddellike effek uit MPAC verwyder.

Die VF Plus se verdere eis in die mosie dat daar ook ‘n ondersoek gedoen moet word na Dumani se geskiktheid om enigsins as raadslid in Rustenburg aan te bly, is ook deur die raad aanvaar.

‘n Ad hoc-komitee bestaande uit sewe raadslede sal ‘n verdere ondersoek doen in terme van nuwe wysigings in die Munisipale Strukturewet wat daarop gemik is om groter verantwoordbaarheid by ampsdraers in die hand te werk.

Die komitee sal in September aan die raad verslag doen en aanbevelings maak ten opsigte van Dumani se voortgesette funksionering in sy amp as raadslid.

Die VF Plus is die eerste party wat die nuwe wetsbepalings in ‘n mosie gebruik om verantwoordbaarheid van ampsdraers in munisipaliteite te verseker.

Dit is belangrik dat munisipale ampsdraers besef daar is nou ‘n doeltreffende wetlike meganisme in plek om hulle behoorlik aanspreeklik te hou.

Die VF Plus sal voortgaan om dienslewering en verantwoordbaarheid in Rustenburg uit te bou om te verseker dat die ANC nie soos in die verlede, ongerymdhede deur plaaslike ANC-politici onder die mat invee nie.

Rustenburg en Marikana se inwoners verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.