Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Randwater draai Emfuleni se krane stywer toe

Randwater het Woensdag die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Vereeniging, Vanderbijlpark, Evaton) se krane stywer toegedraai weens die wanbetaling van sy lopende rekening van R140 miljoen.

Randwater het reeds vyf jaar gelede begin om watertoevoer aan die munisipaliteit te verminder weens slegte skuld.

Afbetalingooreenkomste is keer op keer gesluit, maar Emfuleni het in gebreke gebly om die ooreenkomste na te kom.

Die munisipaliteit skuld Randwater in totaal R954 453 844,18.

Die watervoorsiener het sover gegaan as om in April 2023 beslag te lê op Emfuleni se bankrekening wat daartoe gelei het dat dienslewering verder verswak het.

Die VF Plus het die munisipaliteit gewaarsku om inkomste wat uit waterverkope verdien word, aan Randwater oor te betaal.

Die munisipaliteit betaal slegs ʼn minimale gedeelte van die geld aan Randwater.

Die party het verder aanbeveel dat nuwe dorpsontwikkelings van watermeters voorsien moet word.

Verbruikers in die gebiede soos Tshepiso, Boitshepe, Bophelong, Ramaphosa, Boipatong en die Vaal Oewer-informele nedersetting betaal nie vir water nie wat groot geldelike verliese teweeg bring.

Toegang tot skoon water is ʼn grondwetlike reg en daarom hou die VF Plus die Emfuleni-munisipaliteit verantwoordbaar vir sy onvermoë om die munisipaliteit suksesvol te bestuur.

Die ANC-beheerde munisipaliteit en die munisipale bestuurder, April Ntuli, het geen politieke wil om Emfuleni uit die modder te lig nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.