fbpx
Vryheidsfront Plus

Rand West-munisipaliteit moet teen alle wanbetalers optree

Die VF Plus verwelkom die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein en Westonaria) se streng optrede teen wanbetalers en kragdiewe in AfriVillage, Mohlakeng Hostel, Mohlakeng uitbreiding 7, 8 en 11, Zenxele, Finsbury, Toekomsrus, Simunye uitbreiding 1 en 5 en Borwa fase 2, maar dring daarop aan dat dit uitgebrei word oor die hele munisipaliteit.

Wanbetalers van water en krag ontneem die munisipaliteit van ‘n broodnodige inkomste en veroorsaak dat sy skuld aan Eskom en Rand Water verhoog.

Tans skuld die munisipaliteit Eskom R510 miljoen en dit terwyl die munisipaliteit se invorderingskoers vir uitstaande munisipale rekeninge slegs 35% is.

Die Rand West-munisipaliteit is een van die munisipaliteite in Gauteng wat weens korrupsie en wanbestuur nie ordentlike dienste aan sy inwoners kan lewer nie.

Die pogings van die munisipaliteit om nou streng teen inwoners op te tree, is prysenswaardig, maar streng kredietbeheer moes jare gelede reeds toegepas gewees het.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.