Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Parlement se beeld aan flarde

Die beeld van Suid-Afrika se parlement is aan flarde. Die vlak van debatvoering en die interaksie tussen parlementslede en –partye was nog nooit so laag as tans nie.

Die parlement het inderdaad die onderwerp van openbare bespotting geword, en alles is te wyte aan ‘n bloedvete tussen die ANC-regering en die ware ANC-jeugliga wat gedrapeer in rooi en onder die naam EFF in die parlement sit, sê dr. Corné Mulder, die VF plus se hoofsweep.

Dr. Mulder het vandag met die parlement se begrotingsrede gesê die EFF het dit in 2014 baie duidelik gemaak dat dit hul doelstelling is om ‘revolusie na die parlement te bring’.

“Om dit te kan vermag moes hulle van pres. Jacob Zuma ontslae raak en die ANC oorwin. In reaksie daarop het die ANC alles moontlik gedoen om die president en die ANC te beskerm.

“Hierdie vete is gevoer sonder inagneming van waarheid, wet, Grondwet, parlement, Suid-Afrika of die eed wat elkeen van hulle afgelê het.

“Die ANC-lede in hierdie parlement het twee keer gestem om pres. Zuma te beskerm, twee keer gestem om die Openbare Beskermer se opdragte te minag. In die proses is wet en Grondwet geminag.

“Dan het hulle die vermetelheid om later te sê die parlement het in sy plig gefaal. Nee, dis nie almal in die parlement nie, dit is meerderheid van die ANC wat klaaglik gefaal het. Nie ‘n enkele lid van die ANC het hulle teen die vergrype uitgespreek nie.

“Die Grondwethof se uitspraak was geen verrassing nie. Elke argument wat in die hof gestel was, is vooraf ook in die parlement en die betrokke ad hoc-komitees gestel. Die feite van die saak was uitgespel aan die ANC, maar hulle was nie bereid om te luister nie.

“Hierdie bloedvete sal voortduur, en die publiek sal eindelik daaroor ‘n oordeel fel,” het dr. Mulder gesê.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.