fbpx
Vryheidsfront Plus

Ondersoek EFF se betrokkenheid by besettingpogings

Die VF Plus-leier in Gauteng, Jaco Mulder, sê die EFF se betrokkenheid by onlangse grondbesettingpogings in Gauteng moet ondersoek word.

Dit volg nadat sowat ‘n 1500 mense vroeg Saterdagoggend tydens twee afsonderlike gevalle grond van die Universiteit van die Witwatersrand probeer beset het naby Marlboro-weg in Johannesburg en later ook by die luukse Waterfall-landgoed in Midrand.

Die SAPD het 5 mense in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en kon in beide die gevalle die skare stuit nadat die grondeienaars ‘n hofbevel verkry het.

Talle mense geklee in EFF-drag het in beide die voorvalle prominente rolle tydens die verrigtinge gespeel.

Die leier van die EFF, Julius Malema, is op rekord dat hy telkens tydens openbare geleenthede ‘n beroep op mense doen om grond van hul keuse te identifiseer en te beset.

"Indien die poging tot besettings die direkte gevolg van Malema se oproepe sou wees, behoort die OVK (Onafhanklike Verkiesingskommissie) die EFF te ondersoek en tot verantwoording roep," sê Mulder.

"Die etiese gedragskode waaraan geregistreerde politieke partye hulself in Suid Afrika onderwerp,  verbied uitdruklik taalgebruik en optrede wat kan lei tot geweld en die oortreding van landswette.

" Die VF Plus-leierskap gaan die aangeleentheid verder ondersoek en toesien dat die nodige stappe geneem word om verdere soortgelyke voorvalle te verhoed," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.