fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe VF Plus-raadslid in Rustenburg

In die onlangse nasionale en provinsiale verkiesing het die VF Plus se groei in Noordwes ook in Rustenburg veranderinge genoodsaak en Abrie Rootman (foto, links) is verkies tot nuwe raadslid van die party in Rustenburg.

Die posisie het vakant geraak met die skuif van De Wet Nel (regs) na die provinsiale wetgewer in Noordwes.

Rootman is 'n bekende gesig in Rustenburg waar hy die afgelope twaalf jaar ‘n gasinstallasie-onderneming bedryf.  Hy is sedert 2007 by die VF Plus se jeugaksies betrokke en dien ook sedert 2015 op die VF Plus se partyraad vir Noordwes. Abrie en sy eggenote, Hannelie Rootman het 'n seun.

Rootman is 'n praktiese en behulpsame persoon wat 'n sterk passie het vir sy gemeenskap. Hy leef sy passie uit deur by verskeie liefdadigheidsorganisasies in Rustenburg betrokke te wees. Hy is 'n persoon wat 'n daadwerklike verskil in die dorp wil maak.

Hy kan gerus geskakel word vir navrae of om diensleweringsprobleme aan te meld. Sy nommer is 066 173 3592 en sy epos-adres is rootmana@vfplus.org.za .

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.