fbpx
Vryheidsfront Plus

Merafong gaan finansieel verder agteruit

Dit blyk duidelik uit die kwartaalverslag van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) dat dié munisipaliteit se finansiële toestand maandeliks versleg.

Merafong se uitstaande skuld was in Mei vanjaar R1 103 302 318 en het in Junie verhoog met R19 133 428 tot R1 122 415 746.

Die munisipaliteit se grootste skuld, soos baie ander munisipaliteite in Gauteng, is aan Eskom (R733 940 776) en Randwater (R342 200 033).

Merafong se skuld kon aansienlik minder gewees het indien daar noukeurige kredietbeheer toegepas is.

Sy uitstaande debiteure, wat meer as 120 dae agterstallig is op hul munisipale rekeninge, het vanaf 30 Junie 2021 tot 30 Junie 2022 met R8 miljoen gegroei.

Indien die geld ingevorder is, sou dienslewering nie so power gewees het nie.

Die ANC se wanbestuur van Merafong het ook daartoe gelei dat meer elektrisiteit verlore gaan as wat verkoop word.

Vanaf Julie 2021 tot Junie 2022 is 39% elektrisiteit verkoop terwyl 60% verlore is weens onwettige aansluitings en kragdiefstal.

In Junie vanjaar het die waterverlies vanaf 28,76% tot 42% verhoog weens onder meer waterlekkasies, gebarste pype en waterdiefstal. Gedurende die wintermaande het gebarste pype vermeerder.

Die wanbestuur van die ANC-regering word duidelik in Merafong ervaar.

Inwoners is soms weke sonder elektrisiteit en water. Slaggate word nie reggemaak nie, motors word beskadig en mense se lewe word in gevaar gestel.

Die mense van Merafong verdien beter as ‘n ANC-regering.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.