Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng-burgemeester se gedrag moet ondersoek word

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Mokoena, amptelik versoek om ondersoek in te stel na die optrede en gedrag van die Matjhabeng-burgemeester, David Khalipha.

Khalipha is in November verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van aanranding en crimen injuria.

Hy het ook in Oktober 2023 ʼn hofbevel verontagsaam rakende die onwettige afsny van ʼn inwoner se dienste.

Khalipha was vir maande afwesig as burgemeester tydens sy verhoor.

Ten spyte van Khalipha se skuldigbevinding, het die ANC besluit om hom in sy pos as burgemeester te behou.

‘n Ad hoc-komitee van die Matjhabeng-raad ondersoek tans bloot net sy verlof en of hy sy salarisvoordele vir daardie tydperk moet behou.

Daar is egter geen ondersoek na sy gedrag en of hy onder meer die gedragskode vir raadslede verbreek het nie.

Artikel 2 van dié gedragskode bepaal onder meer dat raadslede altyd in die beste belang van die munisipaliteit moet optree.

Artikel 16.5 van die gedragskode plaas ook ‘n verantwoordelikheid op die LUR om ʼn ondersoek na moontlike oortredings van die gedragskode te doen.

ANC-politici kan nie aanhou om wette te breek en dan die beskerming van hul party te geniet, terwyl daar genoeg bewyse vir ‘n ondersoek bestaan nie.

Die VF Plus glo ‘n ondersoek na die burgemeester se gedrag is nie net regverdigbaar nie, maar noodsaaklik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER

Switching language?

You've switched the language and there are items in the cart. If you keep the Afr language, the cart will be emptied and you will have to add the items again to the cart.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.