Die VF Plus het vandag tydens ‘n raadsitting van die Lephalale-plaaslike munisipaliteit (Ellisras) teen ‘n salarisverhoging van 3% vir raadslede gestem omdat dienslewering die eerste prioriteit moet wees.
Die raad het ’n verhoging van 3% terugwerkend vanaf Julie 2021 goedgekeur en dit sluit raadslede in wat nie herkies is tot die munisipale raad nie.
Hierdie terugwerkende verhoging sal die raad ‘n bykomende R3 505 166 uit die sak jaag vir die 2022/23-finansiële jaar.
Dié geld kon eerder aangewend gewees het om kritieke infrastruktuur te vervang en dienslewering te verbeter.
Hierdie wys opnuut dat die ANC sy eie belange vooropstel ten koste van die inwoners van Lephalale.
Onder die ANC is Lephalale/Ellisras in die grond in bestuur.
Lephalale verdien beter as die ANC.