fbpx
Vryheidsfront Plus

Khalipha skuldig, maar VF Plus eis verdere stappe

Foto met erkenning aan Netwerk24

Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van die burgemeester van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, Thanduxolo Khalipha, op aanklagte van aanranding en crimen injuria, maar dring aan op verdere optrede ingevolge ʼn vorige raadsbesluit.

Die party sal enige poging – ook ʼn mosie van wantroue – steun om van Khalipha ontslae te raak.

Die party dring verder daarop aan dat die waarnemende munisipale bestuurder, Hlobohang Mokhomo, by die volgende raadsvergadering terugvoer gee oor die Matjhabeng-raad se besluite aangaande Khalipha.

Dit behels onder meer dat alle munisipale bates in Khalipha se besit aan die munisipaliteit terugbesorg word en dat hy afstand doen van sekuriteitswagte waarvoor inwoners tot dusver steeds betaal.

Daar moet ook aangedui word of enige uitgawes gedurende Khalipha se afwesigheid sedert Julie 2024 ongerymd was en of daar enige misbruik van munisipale hulpbronne en bates was.

Luidens berigte het hy in Oktober by die hof opgedaag met sy ampsmotor terwyl hy met onbetaalde verlof was en nadat die munisipale raad opdrag gegee het dat hy die motor teruggee.

Khalipha is net nóg ʼn ANC-kader wat bygedra het om die diensleweringkrisis in Matjhabeng te vererger. Sy grootste mislukking was om ʼn oplossing te vind vir die dorpe in die munisipaliteit se voortslepende water- en rioolkrisis.

Hy het selfs aan die munisipale raad verkondig dat die munisipaliteit weens die rioolkrisis tot rampgebied verklaar is sonder dat daar enige bewyse daarvoor bestaan. Net die munisipale raad kan so besluit neem.

Vir dekades lank misbruik die ANC in Matjhabeng openbare fondse vir eie gewin en onder Khalipha het dit bloot vererger.

Die VF Plus sal voortgaan om die ANC in Matjhabeng verantwoordbaar te hou, maar die enigste oplossing is om van hom by die stembus ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.