fbpx
Vryheidsfront Plus

Hoërskool Vishoek: DA kan hom nie verontskuldig

Wat verlede week by die Hoërskool Vishoek gebeur het, hoort in geen beskaafde samelewing nie. Kinders mag nie op hierdie Nazi-agtige wyse agter toe deure geboelie en getraumatiseer word nie.

Ewe erg is dat die DA nou sy hande in onskuld probeer was en sonder skroom voorgee dat hy die voorval veroordeel.

Dit is heeltemal oneerlik. Die aangeleentheid was die DA se eie maaksel.

David Maynier, is die DA se ‘minister’ van onderwys in die Wes-Kaap en die politieke hoof in beheer van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD).

Nie hy of die DA kan daarom voorgee hulle was nie bewus van die sogenaamde “diversiteits-werkswinkel” by die skool nie.

Die tyd het aangebreek vir die DA om op te hou vals wees en te erken dat ’n gruwelike vergryp begaan is deur ’n skool waar vrede geheers het, nou in rasselyne te verdeel.

Die voorval herinner sterk aan die gebeure op Schweizer-Reneke in 2019 toe ’n onderwyseres, Elana Barkhuizen, valslik daarvan beskuldig is dat sy rassisties optree met die kleuters in haar klas.

Die DA se destydse jeugleier, Luyola Mphithi, het sonder om te probeer uitvind wat die ware toedrag van sake is, vir Barkhuizen in die openbaar gekruisig.

Volgens hom was dit “skandelik dat kinders volgens ras geskei kan word.”

Ook daar moes die DA eers behoorlik uitgevang word voordat ’n verskoning aangebied is. Die DA het later egter sy ware kleure oor die voorval gewys deur Mphithi te beloon met ’n pos as parlementslid.

En nou? Nou doen die DA presies wat hy me. Barkuizen van beskuldig het. Hy stuur konsultante na ’n skool, dwing 800 jong mense van alle kleure in ’n saal en verdeel hulle dan “volgens ras”.

Wit en bruin kinders moet hoor hulle is almal inherent bose rassiste terwyl hul swart maatjies wat saam in die klas sit, saam netbal en rugby speel en saam toebroodjies eet tydens pouses, edel en sonder fout is.

Dit is ’n resep vir rassekonflik en -skeiding.

Die DA preek gereeld vir die ANC oor wat om te doen waar dinge skeef loop.

Hier sou die raad van die DA aan die ANC waarskynlik gewees het om onmiddellik teen al die betrokke persone op te tree en die saak behoorlik en openlik te ondersoek.

Met Mphiti het die teenoorgestelde gebeur en in Vishoek skarrel senior DA-partylede die hele week al in die gemeenskap rond om te vra dat niemand met die media praat nie. Die gebeure moet dus toegesmeer word.

Dalk wag daar later ook ’n hoër pos in die DA vir die “diversiteitskonsultant”, Asanda Ngoasheng wat in Vishoek ontplooi is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.