fbpx
Vryheidsfront Plus

Heidelberg drie weke sonder water

Rand Water se onvermoë om die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) van genoeg water te voorsien, is onaanvaarbaar.

Die VF Plus het reeds Gauteng se wetgewerkomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gevra om in te gryp.

Groot dele van Heidelberg, Bergsig, Overkruin, Ratanda, die middedorp en Rensburg, word die afgelope drie weke deur die watertekort beïnvloed.

Lesedi ontvang water vanaf die Zuikerbosrand-suiweringsaanleg en Brakpan-reservoirs wat water deur die M1 en M6-waterpyplyding na die Selcourt-reservoir pomp vanwaar dit na die oostelike en westelike aansluitings versprei word.

Die Selcourt-reservoir voorsien Nigel, gedeeltes van Duduza, Selcourt, Sharonpark, Lesedi, Endicott, Vischkuil en gedeeltes van Secunda.

Die huidige waterdruk is 250Kpa en om voldoende waterdruk te voorsien om reservoirs te vul, moet die druk tot 550Kpa opgeskuif word.

Desondanks Lesedi se pogings om watertrokke na die Heidelberg-hospitaal te neem en water in die hospitaal-reservoir te pomp, het die hospitaal reeds van sy dienste afgeskaal en dreig om sy deure tydelik te sluit.

Die hospitaal hanteer slegs noodgevalle. Buitepasiënte word na ander hospitale verwys, nie-ernstige operasies is tydelik afgestel en die Sizanempilo-kliniek se deure is gesluit.

Skole in Heidelberg is verlig dat die skole vandag sluit omdat hulle vrees vir leerders en onderwysers se gesondheid.

Die VF Plus is dankbaar teenoor boere wat watertrokke na Heidelberg stuur om die krisis te help verlig en ook teenoor inwoners wat boorgatwater aan omliggende bure beskikbaar stel.

Rand Water plaas die Lesedi-munisipaliteit, wat reeds finansieel swaarkry, onder druk omdat hy watertrokke aan inwoners moet voorsien.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op Cogta en Rand Water te plaas om die probleem aan te spreek sodat reservoirs weer tot kapasiteit gevul kan word.

Inwoners van Lesedi word nou gestraf vir Rand Water se onvermoë om ‘n diens aan die munisipaliteit te lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.