Die geweld wat tans in Gauteng en elders in die land afspeel dui daarop dat die ANC-regering reeds gefaal het en nie langer in staat is om te regeer nie.
"Die grootskaalse immigrasie van mense na Gauteng vanuit ander provinsies en elders uit Afrika, endemiese korrupsie en onvoldoende ekonomiese groei, het uiteindelik daartoe gelei dat Gauteng ‘n teelaarde vir misdaad en anargie geword het," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier in Gauteng.
"Die ontoereikende misdaadintelligensie-vermoë van die polisie maak dit byna onmoontlik om beplande geweldsaksies te fnuik. Die uitvoerende gesag van die Gautengse regering sal verantwoordelikheid moet neem vir die onvermoë van die polisie om sy inwoners te beskerm
"Die tyd het aangebreek dat die ANC-regering afsien van sy onwerkbare beleidsrigtings en in landsbelang begin optree," sê Mulder.