Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Droogteramptoestand opgehef: VF Plus eis antwoorde

"Die VF Plus beskou die regering se opheffing van die droogteramptoestand as ‘n genadelose klap in die gesig van kommersiële boere en voedselsekerheid in Suid-Afrika," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van landbou.

"Dié droogteramptoestand is op 4 Maart 2020 in werking gestel en sonder seremonie opgehef nadat die regering versuim het om dit teen 4 Julie 2020 te verleng.

"Die hoof van die nasionale rampbestuursentrum, dr. Mmaphaka Tau, voer aan dat hy, in oorleg met die provinsiale rampbestuursentrums, besluit het om die droogteramptoestand op te hef ‘nadat die omvang en erns van die droogtetoestande heroorweeg is.’

"Die regering het in ‘n skriftelike antwoord aan die portefeuljekomitee van landbou erken dat hy slegs ten opsigte van ‘marktoegang en sertifisering’ hulp aan die boeregemeenskap bied.

"‘n Tweede golf van ontwrigting in Suid-Afrika is aan die kom deurdat boere weens die meerjarige droogte nie kos kan produseer nie en ook nie kan staatmaak op ‘n regering wat ‘n meerjarige droogte en moontlike voedselkrisis afmaak as onbelangrik nie."

"Die ANC-regering beskou die landbougemeenskap as vanselfsprekend en besef nie die bedreiging vir voedselsekerheid indien landbouers nie die nodige droogtehulp- en ondersteuning van die regering ontvang nie.

"Die VF Plus sal amptelike vrae hieroor indien en eis dat alle inligting wat tot hierdie besluit bygedra het, aan die komitee bekendgemaak word," sê Breedt.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.