fbpx
Vryheidsfront Plus

Die idee van ‘n minimumloon hou nie tred met die realiteit

Die idee van ‘n minimumloon klink dalk na ‘n edel poging om arm mense op te hef, maar dit hou nie tred met die realiteit nie.

 "Omvattende navorsing regoor die wêreld is al gedoen oor minimumlone, selfs deur die Wêreldbank, en telkens word bevind dit is minder skadelik en meer uitvoerbaar om die ekonomie te laat groei wat sal lei tot verhoogde werkskepping wat tot verhoogde lone lei," sê adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder vir arbeid.

Alberts het Woesdag tydens 'n debat in die parlement oor Werkersdag gesê dat die voorvereiste vir ekonomiese groei in wese is  om ekonomiese vryheid te verhoog.

"Hoe groter die markvryheid, hoe kleiner word ongelykheid," het Alberts verduidelik.

"Die uitwerking van die nasionale minimumloon gaan tragiese gevolge hê en sal nie tot die volhoubare opheffing van werkers lei nie. In werklikheid sal die volgende eerder plaasvind:

 

"In teenstelling hiermee sal ‘n vryemark met laer belastingkoerse meer beleggings na die land lok. Maatskappye sal meer belê en sodoende meer werk skep. Die gerekende ekonoom Mike Schussler sê egter Suid-Afrika het reeds van die beleggingsradar verdwyn.

"Die netto buitelandse investering in 2017 was minus 30,9%. Dit beteken Suid-Afrika belê meer oorsee as wat die buiteland plaaslik belê. Die Suid-Afrikaanse skip lek beleggingskapitaal en dit vernietig werk en hoër salarisse. Geen minimumloon kan die probleem herstel nie.

"Die 25 grootste ontwikkelende lande bereik 'n gemiddelde netto buitelandse direkte belegging van 30%. Indien Suid-Afrika dit kan bereik, kan dit tot 3 miljoen nuwe werkgeleenthede beteken. Dit kan die werkloosheidsyfer verlaag en die ongelykheid aansienlik verminder.

"Salarisse sal op alle vlakke groei terwyl die middelklas uitbrei. Dit is duidelik dat die regering op die verkeerde plekke soek na werklike oplossings. Ware oplossings kan nie gevind word in goeie bedoelings wat nie in die regte wêreld kan werk nie.

"Die formule vir welvaart is welbekend. Die instel van ‘n minimumloon in ‘n omgewing waar desinvestering plaasvind is ongelukkig ‘n radikale afwyking van daardie pad," het Alberts gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.